
Show Notes
Baie van die verhale in die Ou Testament gee vir ons ‘n “prentjie” wat ons help om ons eie lewe of lewensituasie te verstaan of om dit te interpreteer. Die verhaal van "Nog een nag saam met die paddas" (Eksodus 8:10) illustreer dat ons as mens dikwels kies om langer in ons ellende te bly, al bied ons Hemelse Vader onmiddellik bevryding aan. Die paddas simboliseer die slegte dinge waaraan ons vashou, al weet ons dit steel ons vrede. Die boodskap roep elke gelowige op om nie langer "môre" vir God te sê nie, maar vandag sy bevryding en genade te aanvaar
More from Kerksondermure (KSM)
Om te sien wat Jesus sien. Om te kyk soos Jesus kyk. Dis baie mooi gedagtes en absoluut die regte manier van dink en doen, maar dis makliker gesê as gedaan. Kom luister gerus na die Here se Woord oor hoe om die wêreld ‘n mooier en beter plek vir jouself en ander te maak. Kom leer om te sien soos Jesus sien.
Jesus vat kortpad deur Samaria. Nee Hy moet! Hy het ‘n afspraak met die “verkeerde” persoon - ‘n Samaritaanse vrou by die put van Sigar wat nie juis bekend is vir haar mooi sedelike lewe nie. Jesus sien haar egter in genade raak. Hy wys vir haar sy is in die teenwoordigheid van God Self. Haar lewe word nuut. Dadelik meld sy aan in God se diens as sy vir almal in haar dorp gaan vertel Wie sy ontmoet het. Die gevolg is dat almal daar ook ontdek Jesus is die Redder van die wêreld.
Hoe donker is donker werklik? Hierdie week gaan loer ons in op ‘n gesprek wat in die nag plaasgevind het en ontdek ons die Jesus wat mooi maak – selfs daar in die NAG van iemand wat verward is, nuuskierig is, aangespreek word en uiteindelik ‘n keuse maak...
Wie is Jesus – en wat doen Hy met ’n mens se lewe? Jesus is meer as net ’n goeie mens of ’n profeet. Hy is God wat mens geword het – die Lig wat in ons donkerte inkom om ons nuut te maak. Kom ontdek hoe Jesus ons mooi maak.
Jesus word sigbaar deur die brood wat ons uitdeel – dit is wat Jesus-volgelinge hulle mee besig hou wanneer hulle weet hulle is gered, en hulle is vrygespreek... hulle kies om Jesus sigbaar te maak vir mense rondom hulle. Hoekom? Want die wêreld word ‘n beter plek wanneer mense in Jesus glo.