
Finding your “why”. Fertility journey, grief & the road to Comrades. | Jean-Marié Stander S1E12
She's GutsyShow Notes
Welkom by Episode 12 van die She's Gutsy Podcast! In hierdie episode gesels ons aanbieder, Juli Kleinhans, met Jean-Marié Stander, 'n regsgeleerde, vrou, ma & mede-eienaar van die Belmont-gastehuis. Baie mense ken haar as die vrou van bekende rugbyspeler CJ Stander. Maar agter daai naam is 'n stil storie van geloof, verlies en 'n moed wat niemand van weet nie. Ons gesels oor die lang, moeilike pad na haar baba. Oor die dokter na dokter, die toetse, en die kere wat hulle vir haar gesê het dit lyk nie goed nie. Deur alles het sy net bly glo dat dit okay gaan wees, selfs wanneer die mediese antwoorde die teenoorgestelde gesê het. Dit is 'n verhaal oor wat gebeur wanneer jou geloof en die realiteit voor jou nie ooreenstem nie, en jy kies om steeds vas te hou. Ons praat ook eerlik oor verlies. Oor haar suster Elsje, wat langs haar gestaan het deur van haar swaarste seisoene, en wat sy in Desember 2023 verloor het. Ons gesels oor hoe hartseer 'n mens vorm, hoe geloof jou anker word wanneer die grond onder jou padgee, en hoe jy aanhou glo wanneer die lewe jou rede gee om op te hou. Dit is ook 'n gesprek oor identiteit. Oor wie sy is buiten 'n bekende van, oor die stil jare, en oor die lang pad om haar eie naam en stem te vind.
Hierdie is nie 'n stywe onderhoud nie. Dit is 'n ware, unscripted gesprek oor geloof, moed, verlies en die volsirkel-oomblikke wat 'n mens se lewe verander. Geen script, geen opvoering, geen perfeksie. Gryp 'n koppie koffie (of luister tydens jou volgende oefensessie!), en sluit by ons aan vir 'n kuier met geen druk, geen opvoering en geen perfeksie nie.
Maak seker jy subscribe sodat jy nooit 'n gesprek misloop nie! Ons sal ook baie graag van jou wil hoor in die kommentare: Wat was jou grootste takeaway uit Jean-Marié se storie? Oefen saam met die Gutsy Gemeenskap op ons Gutsy App: www.gutsy.global Volg ons op Instagram & TikTok: @gutsy_app @julipoeli_official @shesgutsypodcast Volg Jean-Marié op Instagram: @jmstander
More from She's Gutsy
In Episode 24 van die She’s Gutsy Podcast gesels Juli met Parys 2024-Olimpian, wêreldklas, driekampatleet, hoofafrigter en ma van twee, Vicky Van der Merwe, oor veerkragtigheid, dissipline en die najaag van onmoontlike drome.
In Episode 23 van die She’s Gutsy Podcast gesels Juli met die ongelooflike Karo van Tonder, internasionale Windsurfer, Afrika-snelheidsrekordhouer en 'n ware voorbeeld van onwrikbare moed en veerkragtigheid
In Episode 22 of the She’s Gutsy Podcast, Juli sits down with the incredible Tracey-Lee Lusty (@fitnessgirlza), creator of Fitness Girl, attorney, body positivity advocate, and endurance athlete.
In Episode 21 van die She’s Gutsy Podcast gesels Juli met die ongelooflike Jeanine Claassen, eienaar en stigter van vier La Coco C restaurante regoor Suid-Afrika, ma, atleet en 'n female founder wat die Here vertrou in elke liewe stap van haar pad.
Om jou hele lewe en identiteit van voor af te herbou is een van die moeilikste dinge wat 'n mens kan doen. Maar om oor te begin is nie 'n mislukking nie; dit is waar ware herstel plaasvind.