She's Gutsy

Wat dit REGTIG vat om ’n Olimpiese medalje te wen: Opofferings, Beserings & LA 2028 | Jo-Ané du Plessis S1E6

She's Gutsy

Show Notes

In hierdie episode van die She's Gutsy Podcast sit Juli saam met Suid-Afrika se eie spiesgooi-koningin en Olimpiese silwer-medaljewenner, Jo-Ané du Plessis (ook bekend as Jo-Ané Van Dyk) 🩷

Ons almal het gesien hoe sy Suid-Afrika se harte gesteel het op die wêreldverhoog tydens die Parys Olimpiese Spele, maar wat vat dit werklik om daar te kom? 🩷 Vandag stap ons weg van die blink medalje af en gesels oor die rou, ongeskrepte realiteit van haar reis. 🦡

Van haar kinderdae in die klein dorpie Heidelberg en die oomblik toe haar liefde vir atletiek begin het, tot die intense uitdagings van 'n ernstige besering oorkom, Jo-Ané deel haar storie met absolute eerlikheid en grasie. 🩷 Sy vertel ook hoe sy haar lewe as 'n elite-atleet juggle met haar dieetkunnde studies, hoe sy die intense druk van kompetisies hanteer, en wat dit vir haar beteken om waarlik "gutsy" te wees. Sy gesels ook oor haar 🦡

Hierdie is 'n gesprek tussen twee atlete oor dissipline, opofferings, die krag van familie-ondersteuning, en hoe om aan te hou glo in jou drome wanneer niemand kyk nie. 🩷

Gryp 'n koppie koffie (of luister tydens jou volgende oefensessie!), en sluit by ons aan. Onthou om te SUBSCRIBE sodat jy nooit 'n gesprek misloop nie! 🩷

Ons sal baie graag van jou wil hoor in die comments: Wat was jou grootste "takeaway" of inspirasie uit Jo-Ané se storie? 🩷

🩷 Oefen saam met die Gutsy Gemeenskap op ons App: www.gutsy.global 🩷 Volg ons op Instagram & TikTok: @gutsy_app @julipoeli_official 🩷 Volg vir Jo-Ané op Instagram: @joanevdyk

More from She's Gutsy

Oct 13, 2026

In Episode 24 van die She’s Gutsy Podcast gesels Juli met Parys 2024-Olimpian, wêreldklas, driekampatleet, hoofafrigter en ma van twee, Vicky Van der Merwe, oor veerkragtigheid, dissipline en die najaag van onmoontlike drome.

Oct 6, 2026

In Episode 23 van die She’s Gutsy Podcast gesels Juli met die ongelooflike Karo van Tonder, internasionale Windsurfer, Afrika-snelheidsrekordhouer en 'n ware voorbeeld van onwrikbare moed en veerkragtigheid

Sep 29, 2026

In Episode 22 of the She’s Gutsy Podcast, Juli sits down with the incredible Tracey-Lee Lusty (@fitnessgirlza), creator of Fitness Girl, attorney, body positivity advocate, and endurance athlete.

Sep 22, 2026

In Episode 21 van die She’s Gutsy Podcast gesels Juli met die ongelooflike Jeanine Claassen, eienaar en stigter van vier La Coco C restaurante regoor Suid-Afrika, ma, atleet en 'n female founder wat die Here vertrou in elke liewe stap van haar pad.

Sep 15, 2026

Om jou hele lewe en identiteit van voor af te herbou is een van die moeilikste dinge wat 'n mens kan doen. Maar om oor te begin is nie 'n mislukking nie; dit is waar ware herstel plaasvind.

See all episodes →