She's Gutsy

Van ongelooflike seer tot internasionale sukses. Her unspoken truth. | Elizma Esterhuyse S1E17

She's Gutsy

Show Notes

In Episode 17 van die She's Gutsy Podcast gesels Juli Kleinhans met Elizma Esterhuyse: model, entrepreneur en die stem agter Her Unspoken Truth. Op 'n modelreis oorsee het Elizma per ongeluk 'n paar sneakers gekoop en verlief geraak op 'n brand, Cooway, wat min mense in Suid-Afrika geken het. Ses maande later het sy en haar besigheidsvennoot die distribusiereg vir Afrika geteken, in twee weke uitverkoop, en die heel eerste fisiese winkel ter wêreld oopgemaak. Maar agter die glans lê 'n storie van moeilike seisoene, geloof, en die keuse om nie deur jou verlede gedefinieer te word nie. As jy al ooit gedink het "ek is nie goed genoeg nie" of gevoel het jy verloor jouself in die jaag na sukses, dan is hierdie gesprek vir jou. Dit is nie net 'n onderhoud nie; dit is 'n regte, eerlike gesprek met geen druk, geen performance en geen perfeksie nie. Gryp 'n koppie koffie (of luister ná jou workout!) en kom kuier saam met ons. As jy of iemand wat jy ken deur geslagsgebaseerde geweld geraak is, reik asseblief uit vir hulp. Jy kan die volgende nommers kontak:

Gender-Based Violence Command Centre (GBVCC) Call: 0800 428 428 (Toll-free / Tolvry) USSD / "Please Call Me": *120*7867#

EARS Foundation Call: 010 590 5920 USSD: *134*7355#

LifeLine South Africa Call: 0861 322 322

Ons wil graag by jou hoor: wat was jou grootste takeaway uit Elizma se storie? 👇 Onthou om te subscribe sodat jy nooit weer 'n gesprek mis nie. 🔗 Oefen saam met die Gutsy Gemeenskap op ons app: www.gutsy.global 📱 Volg ons op Instagram & TikTok: @shesgutsy 🎙️ Volg Juli: @julipoeli_official Volg Elizma: @elizmaesterhuyse

More from She's Gutsy

Oct 13, 2026

In Episode 24 van die She’s Gutsy Podcast gesels Juli met Parys 2024-Olimpian, wêreldklas, driekampatleet, hoofafrigter en ma van twee, Vicky Van der Merwe, oor veerkragtigheid, dissipline en die najaag van onmoontlike drome.

Oct 6, 2026

In Episode 23 van die She’s Gutsy Podcast gesels Juli met die ongelooflike Karo van Tonder, internasionale Windsurfer, Afrika-snelheidsrekordhouer en 'n ware voorbeeld van onwrikbare moed en veerkragtigheid

Sep 29, 2026

In Episode 22 of the She’s Gutsy Podcast, Juli sits down with the incredible Tracey-Lee Lusty (@fitnessgirlza), creator of Fitness Girl, attorney, body positivity advocate, and endurance athlete.

Sep 22, 2026

In Episode 21 van die She’s Gutsy Podcast gesels Juli met die ongelooflike Jeanine Claassen, eienaar en stigter van vier La Coco C restaurante regoor Suid-Afrika, ma, atleet en 'n female founder wat die Here vertrou in elke liewe stap van haar pad.

Sep 15, 2026

Om jou hele lewe en identiteit van voor af te herbou is een van die moeilikste dinge wat 'n mens kan doen. Maar om oor te begin is nie 'n mislukking nie; dit is waar ware herstel plaasvind.

See all episodes →