
Marciel Hopkins-Lourens oor sterk voel in jou eie liggaam, ma-wees & jou drome volg. | S1E13
She's GutsyShow Notes
Welkom by episode 13 van die She's Gutsy Podcast!
In hierdie episode gesels ons aanbieder, Juli Kleinhans, met die ongelooflike Marciel Hopkins. Marciel is 'n model, TV-aanbieder, spreker en 'n stem vir liggaamsaanvaarding. Julle ken haar dalk van die verhoog, die kameras, of as voormalige aanbieder van Boer Soek 'n Vrou.
Maar vandag kyk ons 'n bietjie verby die hoogtepunte. Marciel het grootgeword in die Boland, die dogter van 'n wynmaker, en van daar in 'n wêreld van kameras en verhoë beland. Ons gesels eerlik oor haar lang pad na vrede met kos. Nie streng reëls nie, nie verbode lyste nie, net balans en genade met haarself.
Sy deel die dag toe sy besluit het sy sal nooit weer deur 'n getal gedefinieer word nie, en hoe sy geleer het om haar lyf te aanvaar net soos hy werklik is.
In hierdie episode gesels ons oor: Die Boland-meisie wat sy was voor die kameras gekom het Haar reis met kos, en die oomblik toe iets in haar geskuif het Hoekom sy gekies het om die skaal vir altyd weg te sit 'n Splinternuwe seisoen van moederskap
Hierdie is nie 'n stywe onderhoud nie. Dit is 'n ware, unscripted gesprek oor moed, weerloosheid, en wat dit werklik kos om jouself lief te hê. Gryp 'n koppie koffie, en sluit by ons aan vir 'n kuier met geen druk, geen opvoering en geen perfeksie nie.
Maak seker jy SUBSCRIBE sodat jy nooit 'n gesprek misloop nie! Ons sal baie graag van jou wil hoor in die kommentare: Wat was jou grootste "takeaway" uit Marciel se storie?
Oefen saam met die Gutsy Gemeenskap op ons app: www.gutsy.global
Volg ons op Instagram & TikTok: @shesgutsypodcast @gutsy_app @julipoeli_official Volg vir Marciel op Instagram: @marcielhopkins
More from She's Gutsy
In Episode 24 van die She’s Gutsy Podcast gesels Juli met Parys 2024-Olimpian, wêreldklas, driekampatleet, hoofafrigter en ma van twee, Vicky Van der Merwe, oor veerkragtigheid, dissipline en die najaag van onmoontlike drome.
In Episode 23 van die She’s Gutsy Podcast gesels Juli met die ongelooflike Karo van Tonder, internasionale Windsurfer, Afrika-snelheidsrekordhouer en 'n ware voorbeeld van onwrikbare moed en veerkragtigheid
In Episode 22 of the She’s Gutsy Podcast, Juli sits down with the incredible Tracey-Lee Lusty (@fitnessgirlza), creator of Fitness Girl, attorney, body positivity advocate, and endurance athlete.
In Episode 21 van die She’s Gutsy Podcast gesels Juli met die ongelooflike Jeanine Claassen, eienaar en stigter van vier La Coco C restaurante regoor Suid-Afrika, ma, atleet en 'n female founder wat die Here vertrou in elke liewe stap van haar pad.
Om jou hele lewe en identiteit van voor af te herbou is een van die moeilikste dinge wat 'n mens kan doen. Maar om oor te begin is nie 'n mislukking nie; dit is waar ware herstel plaasvind.